Peter Sellers | |
Geboortenaam | Richard Henry Sellers |
---|---|
Geboorte | 8 September 1925 |
Sterfte | 24 Julie 1980 (op 54) |
Nasionaliteit | Engels |
Kinders | 3, insluitende Michael Sellers (akteur) |
Beroep(e) | Akteur en skrywer |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Peter Sellers (8 September 1925 – 24 Julie 1980) was 'n Engelse akteur, komediant en skrywer. Hy het aanvanklik bekendheid verwerf danksy sy optrede in die BBC Radio-komediereeks The Goon Show. Sellers het op 'n aantal treffer komedie-liedjies verskyn en het wêreldwye bekendheid verwerf weens sy vele rolprentrolle, onder andere as hoofinspekteur Clouseau in Die Pienk Panter-reeks.
Hy was ook bekend vir sy rolle in die rolprente Dr. Strangelove or: How I Learned to Stop Worrying and Love the Bomb (1964), en Being There (1979).